On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Other News

Sportflitse: Goose wen in Amerika

───   06:18 Mon, 23 Mar 2009

Sportflitse: Goose wen in Amerika | News Article

Die Britse Leeus besoek Suid-Afrika oor 68 dae

Suid-Afrika se Retief Goosen het vanoggend die Transitions-gholfkampioenskap in Tampa Bay met een hou gewen.....Goosen het sy laaste ronde in 70 houe voltooi om op 8 onder baansyfer as kampioen gekroon te word.....Dit was Goosen se eerste sege sedert Augustus 2005 op die Amerikaanse PGA-toer......Brett Quigley en Charles Howell III van Amerika was op 7 minder as baansyfer in die gesamentelike tweede plek....Suid-Afrika se Trevor Immelman het op 1 onder in die gesamentlike 19de plek klaargemaak, met Rory Sabbatini op 7 oor in die gesamentlike 63ste plek.

Die Proteas het Australië gister met 'n beurt en 20 lopies in die derde kriekettoets op Nuweland geklop.....Paul Harris was met 6 vir 127 die Protea-held toe die Aussies vir 422 in hul tweede beurt uitgeboul is.....Harris het met dié syfers die eerste Suid-Afrikaanse draaier sedert Harry Bromfield in Januarie 1965 geword wat vyf paaltjies of meer in ’n beurt in Suid-Afrika kon neem.....In plaaslike krieketnuus het Griekwas Noordwes gister met 243 lopies in die eindstryd van die meerdaagse SAL-kompetisie in Kimberley geklop....Noordwes is vir 141 in hul tweede beurt uitgeboul met Jandre Coetzee wat met 3 vir 42 die meeste skade met die bal aangerig het....En in Bloemfontein het 'n Warwickshire-span 'n Vrystaatse elftal met 12 lopies in 'n oefenwedstryd op die OUTsurance-ovaal geklop...Patrick Botha met 100 en Obus Pienaar met 45 het vir die Vrystaatse elftal uitgeblink.

Die Pukke kom vandag om kwart voor-5 in Groote Schuur in die eerste halfeindstryd van vanjaar se ENB en Steinhoff Varsitybeker-rugbytoernooi teen Ikeys te staan...Rudy Joubert het 'n onveranderde Puk-beginspan vir die halfeindstryd aangewys, terwyl Marcel du Toit wel vir Dewan Eckard op die bank vervang....Pukke sal vandag poog om die eerste keer tot die eindstryd deur te dring.....In die tweede halfeindstryd van die dag, speel Maties om kwart voor-7 in Stellenbosch teen Tukkies.....In Vodacombeker-rugbynuus was die Vodacom-Vrystaat en die Platinum-Luiperds die naweek aan die wenkant.....Vrystaat het Boland 30-29 in Piketberg geklop, terwyl die Luiperds 'n gerieflike sege van 42-10 oor die Valke in Kemptonpark behaal het.....In Super 14-rugbynuus het die direksie van die Bulls Frans Ludeke se voorstel verwerp om Heyneke Meyer en Derick Hougaard terug Loftus toe te lok......Sondag berig Ludeke het ook gepoog om Jaco van der Westhuizen se terugkeer na Pretoria permanent te maak.....Die volledige uitslae van die naweek se Vodacombeker- en Super 14-wedstryde verskyn op www.ofm.co.za.

In sokkernuus het Bloemfontein Celtic danksy 'n oorwinning van 2-1 oor Orlando Pirates in Potchefstroom tot die kwarteindstryd van die Nedbank-bekertoernooi deurgedring....Celtic se doele is deur Patrick Molakase en Darrel Smith behaal.

Laastens is Harold Verster ons gas in vandag se Q and A on a Monday in die KFC SPorts Cage...Verster sal in ons ateljee wees om jul rugbyvrae regstreeks te beantwoord....Luisteraars kan ook hul vrae op Womf plaas.
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.