Rugby
VS o.19 16 Leeus o.19 20─── 15:16 Fri, 22 Aug 2008

Johannesburg. - Die o.19-rugbyspan van die Leeus het sy eweknie van Vrystaat hier op Coca-Colapark 20-16 geklop.
Vrystaat het hope kanse gehad om 'n sege te behaal, maar kon eenvoudig nie afrond nie.
Indien iemand wel vanmiddag sy kans aangegryp het, is dit Lionel Cronjé.
Die losskakel van die Vrystaatse o.19-rugbyspan is propvol talent en lyk na 'n speler wat in 'n wedstrydwenner kan ontwikkel. Lanklaas het 'n speler op o.19-vlak die bal so ver geskop - dit is nou sy kantlynskoppe en korrelwerk na die pale.
Hy benodig egter duidelik ervaring en afronding. Voorlangs was Phillip van der Walt (agtsteman) en Lappies Labuschagne (slot, kaptein) die uitblinkers vir die besoekers.
Puntemakers: Vrystaat o.19 16. Drie: Cameron Jacobs. Doel: Lionel Cronje. Straf: Lionel Cronje 3. Leeus 20.