Rugby
Wilton Pietersen in 'n ernstige motorongeluk─── 08:29 Sun, 22 Mar 2009

Hendrik Cronjé
Bloemfontein. - 'n Reuse terugslag het die Vodacom-Cheetahs se Super 14-tuisveldtog getref.
Die Cheetahs se eerstekeuse heelagter, Wilton Pietersen, was vanoggend in 'n ernstige motorongeluk. Hy lê tans in die MediClinic-hospitaal in Bloemfontein se hoërsorgeenheid.
Dit is hoogs onwaarskynlik dat hy weer vanjaar rugby sal speel. Sy presiese toestand is onbekend, maar OFM Sport verstaan dat dit glo baie ernstig is.
Pietersen het onlangs van 'n knieoperasie herstel. Hy sou binne die volgende week of twee vir die Vodacom-Vrystaat in die Vodacombeker speel. Naka Drotské, afrigter van die Vodacom-Cheetahs, het ook gehoop dat Pietersen nog vanjaar Super 14-rugby sou speel.