Rugby
Luiperds 8 Griekwas 6─── 15:33 Sat, 18 Jul 2009

Owen kock
Kimberley - Naas Olivier het die GWK Griekwas se agterstand met twee punte laat krimp toe hy sy tweede strafskop deur die pale geskop het in hul Curriebeker-wedstryd teen die Luiperds. Die Luiperds is na 25 minute 8-6 in beheer van sake, maar Griekwas is geleidelik besig om beter rugby te speel.
'n Kat en muis speletjie en verspeelde kanse het Griekwas meer as een drie gekos, en Griekwas sal rustyd 'n plan moet maak of hulle gaan teen hulself verloor.