Rugby
Limpopo Blou Bulle vermorsel Grens Platteland─── 13:11 Wed, 30 Jun 2010

Owen Kock
Welkom. - Die Limpopo Blou Bulle het Grens Platteland span vermorsel en hulle 53-0 afgeransel hier in hul Cravenweek-wedstryd in die Noordwes Stadion.
Die telling teen die Grens Platteland-span het net weer die vraag laat ontstaan, of hulle op die toernooi hoort en of hulle nie liewer Akademie-week rugby moet speel nie, want tellings soos hierdie, hoort nie op 'n Cravenweek-toernooi nie.
Die Limpopo Blou Bulle het 'n afgeronde vertoning gelewer, en dit is moeilik om enige Grens speler uit te sonder, behalwe dat hulle baie hard sal moet werk as hulle nie nog so 'n loesing wil ly nie.
Puntemakers:
Limpopo Blou Bulle 53 (19) – Driee: Roy-Ramon Auret (3), Madala Ndiinisa, Cor Rautenbach, Lyvette Shikwambana, Juan Smit, LC van Tonder, Lucas van Zyl. Doelskoppe: Arno Venter 4.
Grens Platteland 0.