On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Rugby

Abri Minnie as Griekwas hoofafrigter vir Vodacombeker aangestel

───   12:24 Tue, 11 Jan 2011

Abri Minnie as Griekwas hoofafrigter vir Vodacombeker aangestel | News Article

Owen Kock

Bloemfontein. – Abri Minnie is aangestel as die tussentydse afrigter van die GWK Griekwas, en sal die span in die Vodacom Beker-reeks brei, voor ‘n heeltydse afrigter aangwys word.

Die uitvoerende hoof van Griekwa rugby, Arni van Rooyen, het aan OFM Sport gese, na die aansoeke gistermiddag om 12h00 gesluit het, het hulle heelwat aansoeke om Dawie Theron se pos te vul, ontvang. Theron is onlangs aangwys as die afrigter van die Suid-Afrikaanse o.20-span, wat later vanjaar aan die wereldkampoioenskap deelneem.

Minnie was Theron se hulpafrigter in die Vodacom en Curriebeker-reekse, en saam het die twee tot nuwe hoogtes geneem. In sekere kringe was daar lank reeds bespiegel dat Minnie by Theron sou oorneem, maar hy sal egter moet wag en hy sal ook gemeet word aan die span se prestasies in die Vodacombeker-reeks.

Van Rooyen se, omdat daar so baie aansoeke was, het hulle besluit om die prose seers halt te roep en nie oorhaastige besluite te neem nie, veral nie met die Vodacombeker-reeks om die draai nie.

Dit is egter ‘n geheim wie die ander kandidate is, maar dit blyk hoe-profiel aansoeke is, aangesien daar geswyg word oor wie almal vir die pos as hoofafrigter van die GWK Griekwas aansoek gedoen het.

“Die proses het gistermiddag 12h00 gesluit, die aansoeke. Omdat daar so baie aansoeke gekom het, het ons besluit om eerder die proses rustig te vat want dit maak geensins sin om die proses ‘n gejaagde een te maak nie. Ons het besluit om vir Abri Minnie die hoofafrigter vir die Vodacombeker kompetisie te maak, en dan sal die proses vir eers uitgestel word.

“Ons gaan ons tyd neem en die kortlys saamstel en sodra dit saamgestel het sal ons die kandidate in kennis stel en laat weet wanneer die onderhoude sal plaasvind, waarna ons die suksesvolle kandidaat sal aanwys,” het Van Rooyen gese.

Die aanvanklike idee was dat die onderhoude reeds so vroeg as Vrydag sou plaasvind, maar met Minnie se tussentydse aanstelling, sal dit die Griekwa-bestuur meer kans gee om die geskikte kandidaat aan te wys vir die Curriebeker Reeks.
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.