Rugby
Vrystaat stamp Bulle op Craven Week─── 18:00 Wed, 13 Jul 2011

Owen Kock
Kimberley. – Dag drie van die 48ste Craven Week se hoof wedstryd tussen die Vrystaat en die Blou Bulle hier in die Diamantstad, was waarskynlik die beste wedstryd nog van die toernooi.
Die nie amptelike verdedigende kampioen, Vrystaat het die epiese kragmeting 14-11 op GWK Park en en sodoende hul plek in die hoofwedstryd bespreek, al is dit nog nie amptelik aangekondig nie.
Die Bulle se lynstane het gelol, terwyl die Vrystaat se skrums aan die van die Super 15-span herinner het wat baie swak was.
Net so briljant soos die Vrystaat Maandag in hul eerste wedstryd teen die Pumas was, so swak het hulle teen die Bulle begin. Hulle het by tye, om die minste te se, onbeholpe voorgekom en terwyl die Bulle uitsekend op die aanval was, was die verdediging van die Vrystaat wat hulle die fisieke stryd laat wen het.
Die SWD Arende het nou wel die wedstryd teen die Valke verloor, maar hulle het beslis baie potensiaal. Die span se bonkige skrumskakel, Percy Williams, moet beslis in aanmerking geneem word vir ‘n plek in die SA Skolespan.
Hy was man alleen verantwoordelik vir baie van die SWD-aanvalle wat geloods is, maar hanteerfoute het hulle die wedstryd gekos en daarby was hulle by tye oorhaastig, veral op die aanval.
Boland he hul tweede 50-tal op die toernooi teen hulle hulle gekry, toe hulle 51-26 deur die Pumas afgeransel is. Boland is by uitsondering nie ‘n swak span nie, maar met twee vyftigtalle teen hulle, gaan dit moeilik wees om die spelers te motiveer vir hul laaste wedstryd.
Griekwas het amok gemaak teen die span van Namibie. Die besoekers is ‘n rugbyles geleer en is met 53-3 verniel. Griekwas, wat op dag een van die toernooi teen teen SWD verloor het, het die wen baie nodig gehad, veral omdat hulle die gasheer is.
OP Platteland se wen van 40-17 oor die Luiperds, is sonder twyfel ‘n aanduiding dat rugby op die platteland met rasse-skrede verbeter het.
More se bepalings is soos volg: Griekwaland Wes Platteland teen Grens Platteland; Limpopo teen Zimbabwe; OP teen Griffons; WP teen Grens en die Leeus teen KwaZulu-Natal.