On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Rugby

Engelse speel in Kimberley en Potch, maar unies se spelers blykbaar nie in aksie

───   10:57 Tue, 17 Apr 2012

Engelse speel in Kimberley en Potch, maar unies se spelers blykbaar nie in aksie | News Article

Owen Kock

Bloemfontein. - SA Rugby vandag die Engeslse toer program bekend gemaak. Sentraal Suid-Afrika sal die toerende Engelse span ook in akasie sien, wanneer hulle op 13 Junie teen SA Barbarian Suid-span op GWK Park in Kimblery speel en op 19 Junie speel hulle teen ‘n SA Barbarian Noord-span op Olën Park in Potchefstroom speel.

Engeland en die Springbokke speel in drie Toetse, met die eerste wat op 9 Junie in Durban, die tweede op 16 Junie in Johannesburg en die laaste op 23 Junie in Port Elizabeth gespeel word.

OFM Sport het goeie gesag verneem, nie een van die unies, Griekwas en Luiperds, se spelers sal vir die onderskeie Barbarian-spanne gekies word nie. Spelers van unies wat nie Curriebeker-speel nie, word glo ge-oormerk om vir die Suid- en Noord-spanne diens te doen. Hulle kry blykbaar nie genoeg blootstelling nie.

Unies se spelers wat dus in aanmerking vir die Barbarian Suid-span in aanmerking, sluit in Boland, SWD en spanne uit die Oos-Kaap. Wat die Barbarian Noord-span betref, word spelers van die Valke en Pumas ondermeer ge-oormerk. 

Dit is nog nie bekend wie die spanne sal afrig nie. 'n Navraag is reeds aan SA Rugby gestuur, en hulle het laat weet dat hulle so gou moontlik oor die aangeleentheid aan OFM Sport terug sal kom.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.