On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Rugby

Luiperds kraai koning in die Baai

───   08:34 Mon, 15 Jul 2013

Luiperds kraai koning in die Baai | News Article
Die Luiperds het die OP Kings Vrydagaand in Port Elizabeth hul tweede nederlaag op hul tuisveld toegedien met ‘n oorwinning van 22-18 waarmee hulle die voortou in die Eersteliga geneem het.

Die Luiperds het drie drieë teenoor die ses strafdoele van die tuisspan aangeteken maar het ‘n paar benoude laatse oomblikke beleef toe die OP agtsteman Dalton Davis die bal verloor het toe hy ‘n moontlike wendrie wou druk.

Die Luiperds het hul eerste drie, deur die vleuel Edmar Marais, reeds in die vyfde minuut gedruk en die agtsteman Morné Hanekom het net voor rustyd gedruk vir ‘n voorsprong van 17-9.

Waar die Kings in die eerste hefte verkies het om ‘n lugaanval te loods het hulle die bal in die tweede helfte in hand gehou en die beter rugby gespeel.

Die Luiperd-skrumskakel Johann Laker het tien minute voor die einde gedruk om die Luiperds 22-15 te laat voorloop voordat Scott van Breda die tuisspan se sesde strafdoel oorgeskop het.

Punte:

Luiperds: Drieë:
Edmar Marais, Morné Hanekom, Johann Laker. Doelskoppe: Meel Engelbrecht (2). Strafdoel: Engelbrecht.

OP Kings:
Strafdoele: Scott van Breda (4), Wesley Dunlop (2).

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.