South Africa
Landbounuus-podcast: 2,7 miljoen hektaar grond aan eisers oorgedra─── ELSABÉ RICHARD 14:11 Fri, 12 Feb 2021
Ongeveer 2,7 miljoen hektaar grond is aan grondeisers oorgedra. President Cyril Ramaphosa het dit Donderdag tydens sy staatsrede onthul.
Volgens eNCA sê Ramaphosa die regering sal grondhervorming bespoedig deur 'n agentskap bekend te stel. Die president het verder verklaar dat die regering tot op hede meer as 5 miljoen hektaar grond, in totaal ongeveer 5 500 plase, toegeken het aan meer as 300 000 begunstigdes. Hy verduidelik dat dit bykomend tot die grondrestitusieproses is, wat meer as twee miljoen grondeisers bevoordeel het en tot die oordrag van ongeveer 2,7 miljoen hektaar gelei het. Verder het Ramaphosa bygevoeg dat die regering ook programme volg om kleinboere en opkomende boere te help met marktoegang, om vaardighede in die hele landbouwaardeketting te ontwikkel, asook die getal kommersiële swart boere te vergroot. Hy het ook verklaar dat die regering in die loop van die volgende boekjaar 'n agentskap vir grondhervorming sal aanstel om dit te bespoedig.
Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling en die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad waarsku lede van die publiek oor die risiko's verbonde aan hondsdolheid. Die landboudepartement sê in ‘n verklaring daar is sedert die begin van die jaar reeds 33 bevestigde hondsdolheidgevalle gerapporteer. Daar is ook een menslike sterfte weens die virussiekte in KwaZulu-Natal aangemeld. Alle honde- en kateienaars word daarom versoek om hul troeteldiere vir inenting te neem. Hondsdolheid kom voor by mak en wilde diere en die instellings moedig gemeenskappe aan om nie aan onbekende of rondlopende diere, veral honde en katte, te raak of hulle op te tel nie. Die publiek word aangemoedig om hondsdolheidsimptome by diere onmiddellik aan te meld by hul naaste staatsveearts. Mense wat kontak gehad het met 'n verdagte besmette dier, moet die wond goed met seep onder lopende water was en onmiddellik mediese hulp soek om voorkomende behandeling te ontvang.
EN
Polisie in die Vrystaat sê hulle is steeds op soek na ‘n vierde verdagte na ‘n plaasaanvaal in die Kroonstad-omgewing. Volgens polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, is die 37-jarige Pieter André Swart Donderdagoggend op sy plaas Boskoppie deur vier verdagtes oorrompel. Makhele voeg verder by dat die verdagtes hom in die nek en kop gesteek het. Swart het daarin geslaag om sy vuurwapen te kry en het verskeie skote afgevuur.
OFM-nuus
