On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

'Dubbele standaarde' in Nkandla

───   06:42 Tue, 06 Jul 2021

'Dubbele standaarde' in Nkandla | News Article

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die Departement van Polisie en Bheki Cele, Minister van Polisie, in ’n skrywe gewaarsku oor die dubbele standaarde van wetstoepassing wat tans in Nkandla afspeel.

AfriForum sê in 'n verklaring na raming het sowat 1 000 mense die afgelope naweek in dié gebied bymekaargekom om hul steun aan oudpresident Jacob Zuma te toon. Buiten dat dit teen die huidige vlak 4-inperkingsregulasies is om só ’n groot samekoms te hou, is snelweë ook versper en het Zuma-ondersteuners selfs op geleentheid skote in die lug afgevuur. Ten spyte van al hierdie oortredings is nie een enkele persoon al in hegtenis geneem nie.
 
AfriForum is van mening dat die publiek deeglik bewus is van hierdie dubbele standaarde, waar restaurateurs vervolg word wanneer hulle ’n bestaan probeer maak en wetsgehoorsame burgers soos geharde misdadigers hanteer word wanneer hulle vergeet om ’n gesigmasker te dra.
 
Dit kan tot ’n opstand lei onder burgers wat genoeg gehad het daarvan dat daar een stel reëls vir hulle en ’n ander stel reëls vir die politieke elite en hulle trawante is.
 
“Suid-Afrikaners is lank reeds keelvol vir hierdie ingrypende, onlogiese inperkings wat mense se lewens verwoes en nou dat dit duidelik is dat sekere mense hulle nie aan die inperkings hoef te steur nie, gaan al hoe meer mense dieselfde begin doen,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van Veldtogte.
 
“Die feit dat Zuma ook steeds nie gearresteer is nie, maar eerder spesiale behandeling ontvang vanaf die hoogste hof in die land, beklemtoon net weer eens dat sommige mense meer gelyk is as ander en ek is bevrees dit gaan tot wye verontagsaming van die wet lei,” sluit Broodryk af.


Verklaring

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.