On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Verkiesingsregistrasie vir twee weke uitgestel

───   13:07 Thu, 08 Jul 2021

Verkiesingsregistrasie vir twee weke uitgestel | News Article

Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê die besluit van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) om die registrasie vir vanjaar se plaaslike verkiesing uit te stel, is gegrond op inligting van die Mediese Navorsingsraad.

Mamabolo sê hierdie besluit is in die belang van die veiligheid van die Suid-Afrikaanse publiek, politieke verteenwoordigers en personeel van die kommissie geneem. 

Die registrasie-naweek, wat vir 17 en 18 Julie beplan is, word nou na 31 Julie en 1 Augustus uitgestel. 

Mamabolo sê die kommissie wag ook op die uitspraak van die Moseneki-kommissie oor of die verkiesing vanjaar onder die koronavirus-pandemie vry en regverdig sal wees.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.