On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

AfriForum wend hom tot hof oor godsdienstige byeenkomste

───   BLAINE JONES 07:20 Sun, 21 Nov 2021

AfriForum wend hom tot hof oor godsdienstige byeenkomste | News Article

'n Hofaansoek deur die burgerregtegroep AfriForum dat die verbod op godsdienstige byeenkomste tersyde gestel word, sal Maandag aangehoor word.

AfriForum veldtogbestuurder, Jacques Broodryk, sê dat dit vir gelowige persone baie belangrik is om hul godsdiens uit te kan leef.

Broodryk sê onder die huidige ramptoestand kan die regulasies enige tyd aangepas word, soos in die verlede gedoen is.

Hy sê verder hulle wil hê mense moet weer oor die feestyd geloofsbyeenkomstes kan bywoon.

Hy meen dit is vreemd dat plekke soos winkelsentrums en restaurante oop bly, maar mense word nie toegelaat om kerkdienste by te woon nie.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.