On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

AfriForum verwelkom mislukking van grondonteieningswetsontwerp

───   05:25 Wed, 08 Dec 2021

AfriForum verwelkom mislukking van grondonteieningswetsontwerp  | News Article

Die burgerregteorganisasie AfriForum neem kennis dat die Nasionale Vergadering Dinsdag daarin misluk het om die voorgestelde wysigings aan Artikel 25 van die Grondwet te aanvaar.

Hierdie wysigings sou die onteiening van eiendom sonder vergoeding moontlik gemaak het. Die ANC het daarin misluk om die tweederde-meerderheid te kry wat nodig was om die wetsontwerp te aanvaar.

“Die mislukking van ’n diep immorele wetsontwerp wat staat-goedgekeurde diefstal en menseregteskendings sou toelaat, is ’n groot oorwinning vir Suid-Afrikaners. Onteiening sonder vergoeding is ’n onmenslike beleid wat gemotiveer word deur ’n kombinasie van korrupte hebsug en wrok,” sê Ernst van Zyl, veldtogtebeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

“Ons het die katastrofiese verwoesting gesien wat onteiening sonder vergoeding beleidstellings in lande soos Zimbabwe en Venezuela veroorsaak het, asook die lyding wat hierdie beleidstellings vir die gemiddelde burgers van daardie lande veroorsaak het. Daarom moet die nederlaag van ’n poging om daardie aaklige en vernietigende beleidstellings hier in Suid-Afrika te herskep gevier word,” sluit Van Zyl af.

AfriForum is bewus daarvan dat die stryd om eiendomsreg in Suid-Afrika te beskerm nie verby is nie en dat hierdie regte weer in die toekoms bedreig kan word. Daarom herbevestig die organisasie sy toewyding om as burgerregtewaghond op te tree teen sulke skendende beleidstellings en om dit ten sterkste teen te staan sou dit weer oorweeg word. 


Verklaring verskaf.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.