South Africa
Ramaphosa lei ANC-benoemings met meer steun as Mkhize─── 14:37 Tue, 22 Nov 2022
President Cyril Ramaphosa lei die ANC se takbenoemings vir die party se presidentskap, het die ANC-verkiesingskomitee onthul.
’n Meerderheid van ANC-strukture het hul stem dik gemaak en will blykbaar hê dat die sittende president, Cyril Ramaphosa, ’n tweede termyn as partyleier moet dien.
Ramaphosa het 'n meerderheid van 2 037 nominasies van takke ontvang. Hy staar egter 'n uitdaging in die gesig met die voormalige Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, wat 916 benoemings ontvang het.
Dit lyk of Paul Mashatile die gunsteling vir die posisie van adjunkpresident is. Hy het 1 791 nominasies ontvang, terwyl Ronald Lamola 427 nominasies gekry het.
Oos-Kaapse voorsitter, Oscar Mabuyane, het 397 nominasies ontvang. Stanley Mathabatha, voorsitter van Limpopo, sal waarskynlik die volgende voorsitter wees nadat hy 1 492 nominasies ontvang het, vergeleke met Gwede Mantashe se 979.
Vir die posisie van die sekretaris-generaal lei die voormalige KZN-sekretaris, Mdumiseni Ntuli, met 1 225 nominasies. Nomvula Mokonyane lei die wedloop vir adjunk-sekretaris-generaal met 1 779 nominasies.
