South Africa
Drie nuwe provinsiale Valke hoofde─── 09:49 Sat, 07 Jan 2023
Die Valke het generaal-majoor Molefi Mabuela – ’n speurder met 36 jaar diens en ondervinding in die ondersoek van geweldsmisdaad met ’n meestersgraad in ontwikkeling en bestuur – as hoof van die Noord-Kaap aangestel.
Twee ander provinsies, naamlik Limpopo en Mpumalanga, het ook nuwe hoofde – generaal-majoor Gopz Govender in Limpopo en generaal-majoor Nico Gerber in Mpumalanga aangestel.
Die aanstellings volg op die verstryking van hul voorgangers se termyne op 31 Desember 2022.
Luitenant-generaal Godfrey Lebeya het die nuwe aanstellings verwelkom en hul voorgangers bedank vir hul diens.
OFM-nuus/Roderick Titus
