South Africa
Phala Phala: 'Ramaphosa voldoen aan verpligtinge'─── 16:09 Tue, 07 Mar 2023
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag gesê president Cyril Ramaphosa en sy maatskappye, Ntaba Nyoni Estate en Ntaba Nyoni Voerkraal, "voldoen tot op datum aan hul belastingverpligtinge".
Die SAID-kommissaris, Edward Kieswetter, het volgens News24 dié aankondiging gedoen na aanleiding van “aansienlike openbare belangstelling en kommer” oor die president se sake.
Dit het gevolg op die inkomstediens se aankondiging dat Hazim Mustafa, die Soedanese sakeman wat $580 000 kontant aan Ramaphosa se Phala Phala-plaas betaal het, nie die geld wat hy in Desember 2019 die land ingebring het, verklaar het nie.
Die geld is onderhewig aan 'n ondersoek deur die Openbare Beskermer .
