South Africa
Santam betaal grootste natuurrampeis in sy geskiedenis uit─── 08:14 Wed, 08 Mar 2023

Die versekeraar Santam het in sy 2022-finansiële jaar 'n rekord van R29,8 miljard se eise betaal. Hy skryf dit toe aan die verliese wat gely is weens die rampspoedige vloede wat KwaZulu-Natal getref het.
Die versekeraar het in 2020 'n knou gekry toe hy ongekende eise wat verband hou met die Covid-19-pandemie in die gesig gestaar het, nog 'n knou in 2021 weens die maatskaplike onrus en plundering in KwaZulu-Natal, en toe nog een in 2022 toe die provinsie deur vloede gebuk gegaan het, berig Moneyweb.
Madzinga sê die klimaatrisiko in Suid-Afrika weerspieël wat op 'n wêreldvlak gebeur, met natuurrampe wat by die dag toeneem.
“Ons ervaar 'n toename in die frekwensie van natuurrampe. Trouens, 2020 was die vyfde duurste jaar wêreldwyd, met verliese van net meer as $300 miljard.
“Orkane in Florida, vloede in Australië, droogte en aardbewings. Tot ‘n mate beïnvloed die klimaat die frekwensie waarteen ons natuurrampeise sien deurkom," het hy aan BizCommunity gesê.