On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Roudiensreëlings vir stigter van Witkruismonument bekend

───   18:05 Wed, 08 Mar 2023

Roudiensreëlings vir stigter van Witkruismonument bekend | News Article
Wyle Lita Fourie hier by haar lewensmaat, Teddy Hammond. FOTO: Facebook

Die stigter van die Tabita-organisasie vir slagoffers van plaasaanvalle en die Witkruismonument wat teen die Ysterberg in Limpopo te sien is, die 64-jarige Lita Fourie, is verlede week op 3 Maart 2023 oorlede.

Sy is in Februarie in die Letaba-hospitaal in Tzaneen opgeneem, berig Netwerk24.

Sy het die projekte in 2004 begin nadat haar ouers, John en Bina Cross, op 16 April 2000 wreed op hul plaas naby Gravelotte in Mpumalanga vermoor is.

'n Jaarlikse saamtrek vind by die Witkruismonument plaas waartydens die monument in stand gehou en opgeknap word.

Lita laat haar jarelange lewensmaat, Teddy Hammond agter, 'n dogter, Hester Labuschagne, drie seuns, Anton, Neels en Johan Fourie, asook nege kleinkinders.

Die Vryheidsfront Plus het sy medelye met haar afsterwe uitgespreek. “VF Plus-lede het die jaarlikse saamtrek bygewoon en haar afsterwe sal ‘n groot leemte laat.”

‘n Roudiens vind Saterdag 11 Maart om 11:00 by die Vleissentraal-veilingsentrum in Polokwane plaas.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.