South Africa
‘Jy kan nou vervolg word vir haatspraak’─── 08:54 Fri, 17 Mar 2023
Die Nasionale Vergadering het vandeesweek die omstrede wetsontwerp om haatmisdade en haatspraak te kriminaliseer, aanvaar – vyf jaar nadat dit ingestel is.
Daar was gemengde reaksie op die wetsontwerp, met sommige opposisiepartye wat aanvoer dat dit vryheid van spraak kan beperk, berig eNCA.
Chrispin Phiri, woordvoerder van die Ministerie van Justisie, sê haatmisdade word tans nie vervolg nie omdat daar geen wetlike raamwerk bestaan nie.
“Dit is moeilik om die opset te bewys dat 'n misdaad gepleeg is omdat iemand homofobies of rassisties is. Daar was geen wetlike raamwerk nie en dit is wat die nuwe wet regstel," sê hy.
“Onder hierdie nuwe wet, as iemand ’n misdaad pleeg en dit kan bewys word dat dit spesifiek gemotiveer is deur haat vir ’n spesifieke ras of groep of godsdiens of enige van die kwesbare groepe waarteen jy nie mag diskrimineer nie, kan ’n mens vervolg word vir ’n haatmisdaad."
