South Africa
Optog wil verskeie kwessies aanspreek─── 12:50 Tue, 21 Mar 2023
Verskeie nie-regeringsorganisasies ruk op Menseregtedag op na die parlement om van die regering hernubare energie, water, behuising en voedseltoegang vir almal te eis.
Die optog word onder die vaandel van Don’t Gas Africa gehou, tesame met Green Connection, Africa Climate Alliance en Project 90.
Die optog het ten doel om van die Suid-Afrikaanse regering te eis dat maatskappye soos Shell en Total se plundering van die Suid-Afrikaanse kus stopgesit word.
Neville van Rooy van Green Connection sê die marginalisering van vissersgemeenskappe wat van die kus afhanklik is, moet gestop word.
Hy sê die oseaan is belangrik vir die toekoms en die beskerming daarvan is van kardinale belang.
OFM-nuus/Roderick Titus
