On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

South Africa

G4S ontslaan 3 werknemers oor Thabo Bester-ontsnapping

───   06:40 Wed, 29 Mar 2023

G4S ontslaan 3 werknemers oor Thabo Bester-ontsnapping | News Article
Mangaung-korrektiewe dienste. FOTO: G4S

G4S-korrektiewe dienste sê hy het drie van sy werknemers afgedank weens hul optrede op die dag dat 'n brand in Mei verlede jaar in die sel van die veroordeelde moordenaar en reeksverkragter Thabo Bester uitgebreek het.

Hoewel die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) en die polisie voorheen gesê het Bester het reeds ontsnap toe die brand uitgebreek het, het G4S volgehou hy is in die brand dood.

G4S sê drie werknemers van die Mangaung-gevangenis is tussen September 2022 en Januarie 2023 afgedank, berig eNCA.

Hulle was aan diens die aand wat die Facebook-verkragter Thabo Bester na bewering in 'n brand dood is. G4S is die kontrakteur van die privaat bestuurde Mangaung maksimum-sekuriteit-gevangenis waar Bester sy vonnis uitgedien het.

“Op 3 Mei 2022 het G4S-korrektiewe dienste die DKD en die polisie in kennis gestel van 'n brand by die Mangaung-korrektiewe sentrum en die tragiese dood van 'n gevangene.

LEES OOK:Facebook-verkragter bedryf miljoene rande se skelmspul uit tronksel

“Op 5 Mei, na 'n aanvanklike ondersoek, het G4S die polisie gewaarsku oor 'n aantal kommerwekkende kwessies oor die omstandighede van die brand. Die polisie is van relevante inligting en bewyse voorsien.

“Drie werknemers is kort ná die voorval geskors. Hierdie werknemers is daarna onderskeidelik in September 2022, Desember 2022 en Januarie 2023 afgedank vir aangeleenthede wat verband hou met hul gedrag op die aand van 3 Mei 2022,” sê G4S in 'n verklaring.

Die maatskappy sê hy het ten volle met die owerhede saamgewerk en sal voortgaan om dit te doen.

“Ons wag op die gevolgtrekkings van die polisie oor hul ondersoek na wat op 3 Mei 2022 gebeur het.”

Die Mangaung-korrektiewe sentrum is die tweede grootste private gevangenis ter wêreld. Dit is in 2001 geopen. G4S het ‘n kontrak van 25 jaar onderteken om die fasiliteit as subkontrakteur te bedryf. “Die doelgeboude gevangenis bied 'n reeks geleenthede vir gevangenes om nuwe vaardighede aan te leer en te ontwikkel,” sê G4S op sy webwerf.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.