On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Oscar Pistorius verskyn voor paroolraad

───   07:30 Fri, 31 Mar 2023

Oscar Pistorius verskyn voor paroolraad | News Article
Reeva Steenkamp en Oscar Pistorius by 'n partytjie in 2012 afgeneem.

Oscar Pistorius se paroolverhoor begin Vrydag (31/3) waartydens beslis sal word of die voormalige ster van die Paralimpiese Spele en veroordeelde moordenaar uit die tronk vrygelaat kan word.

Hy het tot dusver die helfte van sy vonnis van 13 jaar uitgedien vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp in 2013.

As hy parool kry, kan Pistorius, nou 36 jaar oud, binne enkele dae vrygelaat word, berig BBC.

Daar word egter algemeen verwag dat Reeva se ma, June Steenkamp, parool sal teenstaan tydens Vrydag se verhoor.

Pistorius het destyds verklaar dat hy gedink het Reeva is 'n indringer toe hy haar deur 'n badkamerdeur geskiet het. Hy word tans in 'n lae-sekuriteit tronk net buite Pretoria aangehou.

Hy het onlangs Barry Steenkamp, Reeva se pa, ontmoet as deel van ’n verpligte proses bekend as “slagoffer-oortreder-dialoog”.

Maar June het haar frustrasie uitgespreek dat die sesmalige Paralimpiese goue medaljewenner steeds volhou dat hy Reeva per ongeluk geskiet het omdat hy glo dat sy 'n inbreker was.

Pistorius is aanvanklik skuldig bevind aan strafbare manslag, maar op appèl is hy skuldig bevind aan moord op grond daarvan dat hy moes geweet het sy optrede - om drie keer deur 'n geslote badkamerdeur te skiet - sou lei tot die dood van wie ook al aan die ander kant was.

Sou die Steenkamps ‘n besluit om Pistorius parool toe te staan in die hof beslis, dit sy vrylating moontlik vir etlike maande kan vertraag. Hulle het voorheen gesê hulle glo nie Pistorius moet vrygelaat word nie.

Die paroolraad - 'n minimum van drie mense - sal verklarings van Pistorius, die Steenkamps en van 'n reeks maatskaplike werkers en tronkbeamptes oorweeg. Hulle sal kyk na sy gedrag, sy gemoedstoestand en die mate waarin hy gerehabiliteer is.

Indien Pistorius versuim om parool by sy eerste poging te kry of sy vrylating deur die Steenkamps betwis word, kan hy steeds hof toe gaan om te argumenteer dat Suid-Afrikaanse wetgewing, nadat hy meer as die helfte van die tyd uitgedien het, bepaal dat hy onder toesig vrygelaat moet word.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.