On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Verskeie voorvalle tydens vragmotorstaking aangemeld

───   07:12 Mon, 01 May 2023

Verskeie voorvalle tydens vragmotorstaking aangemeld | News Article
FOTO: Twitter/TrafficSA

Die polisie sê verskeie voorvalle is aangemeld terwyl Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders staak.

Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders, hoofsaaklik dié wat behoort aan die All Truck Drivers' Foundation, versper sommige van die land se grootste paaie.

Bestuurders betoog teen maatskappye wat meer buitelandse burgers as plaaslike inwoners in diens neem.

LEES MEER: Police on high alert amid planned shutdown by truck drivers

Die polisie sê sedert Saterdag is daar op sommige vragmotors geskiet en sommige is met klippe bestook.

Woordvoerder Robert Netshiunda sê hulle ondersoek drie voorvalle van geweld in die eThekwini-gebied.

"Tot dusver vloei die verkeer," het hy gesê.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.