On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

South Africa

AfriForum bekommerd oor Melrose-huis se agteruitgang

───   12:03 Tue, 06 Jun 2023

AfriForum bekommerd oor Melrose-huis se agteruitgang | News Article
Alana Bailey (AfriForum) en Freddie Peters (Lid van die Vaaldriehoek-kultuurnetwerk). FOTO: Verskaf

AfriForum het in ’n dringende brief aan die Tshwane-metro antwoorde geëis oor die toekoms van die Melrose-huis in Jeff Masemola-straat in Pretoria.

Herstelwerk word die afgelope paar maande by dié museum gedoen en steeds is die einde nog nie in sig nie.

AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey, sê ’n groep het die museum op 31 Mei besoek om die ondertekening van die Vredesverdrag van Vereniging te herdenk. ’n Hoogtepunt sou die besoek aan die eetkamer van die Melrose-huis wees waar dié verdrag op 31 Mei 1902 onderteken is om ’n einde aan die Anglo-Boereoorlog te bring. 

Daar was ’n kennisgewing op die voordeur wat die publiek inlig dat die huis onbepaald gesluit is.

Die Melrose-huis in Jeff Masemola-straat in Pretoria. FOTO: Facebook

Daar is groot waterskade binne die museum. Buite die gebou is alles verwaarloos van die leë visdammetjie tot stukkende vensterrame, roes op metaaloppervlaktes en beskadigde geute. Die gebou kort ook dringend verf.  

“Melrose-huis is ’n juweel in die erfenislandskap van Pretoria en moet ten alle koste bewaar word,” sê Bailey.

AfriForum vra dat die probleme bekendgemaak word wat die heropening van die museum vertraag sodat borge en skenkers betrokke kan raak om dit tot sy eertydse glorie te herstel.

“Die huidige stand van sake is onaanvaarbaar en skep die indruk dat die metro nie omgee vir erfenis nie. Daar is baie museums en historiese geboue in Suid-Afrika wat onbepaald gesluit is totdat die koste om dit te restoureer, byna onhaalbaar geword het. Melrose-huis kan nie dieselfde pad volg nie daarom wil AfriForum die saak met die metroraad bespreek,” sê Bailey.

Mediaverklaring/OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.