On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

South Africa

Diamanthandelaar, Nádine kry stry oor Hougaard

───   08:42 Mon, 19 Jun 2023

Diamanthandelaar, Nádine kry stry oor Hougaard | News Article
Derick Hougaard en Nádine. FOTO: Facebook

Terwyl die rugbyspeler Derick Hougaard in ’n waakeenheid vir sy lewe veg, woed bekgevegte rondom dié rugbyheld.

Dit is ironies dat twee mense, baie na aan hom, hierby betrokke is.

Aan die een kant is die sakeman en diamanthandelaar Louis Liebenberg, en aan die ander kant is Hougaard se vriendin, Nádine, ’n Afrikaanse sangeres.


Volgens Liebenberg is hy steeds in die duister oor sy vriend Hougaard se skielike en vreemde siektetoestand. Hy is verlede Saterdag in die waakeenheid van die Steve Biko-hospitaal in Pretoria opgeneem.

Liebenberg het gesê: "Ek en my vrou, Dezzi, asook Hougaard, het verlede Donderdag nog saamgeëet. Hy was blakend gesond en baie vrolik. Iets is nie pluis nie."

Liebenberg het ook beweer Hougaard het dié Donderdagaand by hom gesmeek vir R10 miljoen.

Saterdagoggend het dit bekend geword dat Hougaard in die waakeenheid beland het. Daar word wyd bespiegel dit is weens ’n oordosis pille of dwelms.

Loftus se liefling was die afgelope tyd ’n sportaanbieder by Liebenberg se Die Waarheid Radio. Hougaard is aan ’n ventilator gekoppel en sukkel om asem te haal.

Nadine het Sondag in ’n hartroerende plasing op Facebook gesmeek die publiek moet vir Hougaard voorbidding doen. Voorts het sy gesê sy word agtervolg en gedreig, en voel dus onveilig.

"Slegs Derick se nabye familie en ek word toegelaat by sy bed. Dit is die waakeenheid se reëls ... Derick is bitter siek en baklei hard vir sy lewe en suurstof."

Sy het ook by Liebenberg en andere gepleit om nie foto's van haar en Derick te neem en te versprei nie.


OFM Nuus/Isaac Cloete


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.