South Africa
Vrou van Humansdorp in hof ná diefstal van R3,5 miljoen─── 15:22 Wed, 21 Jun 2023
’n Vrou wat glo baie geld by haar werkgewer in Humansdorp verduister het, is in hegtenis geneem.
Lana Nell (45), wat vroeër by ’n veeartsenykliniek gewerk het, het vlugtig in die hof verskyn.
Lana Nell (45) van Humansdorp het na bewering miljoene rand verduister.
Die polisiewoordvoerder Yolisa Mgolodela sê Nell het in die finansiële afdeling van die kliniek gewerk en na bewering van Januarie 2018 tot Februarie 2023 die geld na haar rekening oorgeplaas.
Mgolodela sê die werkgewer het agterdogtig geraak toe een van hul verskaffers oor ’n laat betaling gekla het.
Die saak is by die Valke aangemeld wat die diefstal van meer as R3,5 miljoen ontdek het.
