South Africa
SA jeug se werksvaardighede verg aandag─── 06:37 Sun, 16 Jul 2023
"Die meerderheid van Suid-Afrikaanse jeugdiges beskik nie oor die nodige vaardighede om ’n werk te aanvaar nie."
Die burgerlike organisasie, Alliance For Youth, sê die meerderheid Suid-Afrikaanse jeugdiges beskik nie oor die nodige vaardighede om werk te aanvaar nie, veral nie op tegnologiese gebied nie.
Dit kom nadat die wêreld Saterdag Jeugvaardigheidsdag gevier het.
Statistiek deur die Verenigde Nasies dui daarop dat 600 miljoen werksgeleenthede oor die volgende 15 jaar geskep sal moet word om in indiensnemingsbehoeftes wêreldwyd te voorsien.
Die SAUK berig in Suid-Afrika was jeugwerkloosheid in die eerste kwartaal vanjaar 46,5%.
Equipping young people with quality education, training and skills is essential.
— António Guterres (@antonioguterres) July 15, 2023
We must ensure that teachers gain the education and professional development needed to help young people make the transition from school to the workplace. https://t.co/bS7BTTHs8u
Noxolo Mnisi, woordvoerder van Alliance For Youth, sê: "Daar is nuwe rolle wat ter sprake gekom het, veral ná die Covid-pandemie waar die meeste jongmense nie kon inspring om daardie rolle op te neem nie, weens die groot vaardigheidsgaping.
“Ons het die nodige kwalifikasies, maar is die kwalifikasies wat ons aan universiteite studeer, relevant vir hoe die werktoekoms lyk? Dit is baie belangrik om dinge soos hierdie uit te lig, want dit gee ons as die sakewêreld, die regering duidelikheid oor waaraan ons moontlik kan begin werk om daardie gapings te help oorbrug."
