On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

Man wen Lotto ’n tweede keer

───   09:46 Wed, 26 Jul 2023

Man wen Lotto ’n tweede keer | News Article

'n Gelukkige KZN-pa van sewe het die boerpotprys van meer as R44 miljoen gewen in die jongste Lotto-trekking, sy twééde oorwinning.

Die man beplan om die geld te gebruik om 'n veilige tuiste vir sy gesin te skep en gehalteonderwys aan sy kinders te verskaf, berig The Citizen.

Luidens 'n verklaring wat 'n paar jaar gelede deur Ithuba, die operateur van die Nasionale Llotery uitgereik is, het die man meer as R340 000 gewen wat sy onwrikbare toewyding en entoesiasme om verantwoordelik te speel demonstreer," 


Ithuba het gesê die wenner het 'n inspirerende visie vir sy gesin se toekoms.

“Nadat hy die verwoestende impak van oorstromings by twee geleenthede in KwaZulu-Natal beleef het, beoog die wenner om sy nuwe fortuin te gebruik om in 'n veilige huis te belê waar sy gesin vertroosting en beskerming kan vind,” lui die verklaring.

Die kitsmiljoenêr het oor sy oorwinning gepraat en gesê hy is buitengewoon dankbaar vir die ongelooflike gelukskoot en die oorweldigende ondersteuning van die Nasionale Lotery.

“Om hierdie lewensveranderende bedrag te wen, sal my in staat stel om 'n nalatenskap vir my gesin te bou, iets waarvan ek net gedroom het. Ek wil vir hulle 'n stabiele en veilige tuiste bied, wat hul veiligheid en welstand verseker.” 

Die man sê hy is vasbeslote om te belê in gehalteonderwys vir sy uitgebreide familie ook, omdat hy glo in die krag van onderrig om lewens te transformeer en gemeenskappe op te hef.

OFM News

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.