On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

Opposisie kom ooreen op Veelpartyhandves

───   DANE BEISHEIM 09:58 Thu, 17 Aug 2023

Opposisie kom ooreen op Veelpartyhandves | News Article
Prof. William Gumede. Foto verskaf

Opposisiepatye het op die eerste dag van hul konvensie, in Kempton Park, oos van Johannesburg, ooreengekom op ’n Veelpartyhandves.

Dit is bevestig deur die fasiliteerder van die konvensie, prof. William Gumede. Hy sê daar is sterk verbintenisse tussen die partye gesmee.

Daar is egter talle vrae of hierdie vergadering tussen opposiepartye – insluitend die DA, VF+ en IVP – sal lei tot ’n beter opsie vir kiesers, en om die stryd teen die heersende ANC op te neem.

Politieke ontleder Theo Venter meen egter dit sal meer inspanning verg as 'n konvensie van twee dae om die ANC tydens volgende jaar se verkiesing te ontsetel.

“Hierdie groepering van opposisiepartye gaan ’n moeilike tyd hê om oor die drumpel van 50% ondersteuning by die stembusse te kry. Die ANC op sy eie gaan baie na aan 50% kom, en waarskynlik met een of twee klein partytjies moet saamwerk,” voeg Venter by.

Wat interessant is van die Veelpartyhandves waaroor die sewe opposiepartye gister ooreengekom het, is dat dit aangegaan is voor die 2024 nasionale verkiesing.

Venter sê koalisises word gewoonlik in die nasleep van 'n verkiesing gevorm, wanneer al die partye weet watter persentasie steun hulle geniet.

OFM Nuus/Dane Beisheim

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.