On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

‘BRICS baie belangrik vir SA’ – kenner

───   DANE BEISHEIM 10:40 Mon, 21 Aug 2023

‘BRICS baie belangrik vir SA’ – kenner | News Article

Die 15de BRICS-beraad, wat Dinsdag (22/8) in Johannesburg begin, is baie belangrik vir Suid-Afrika – die kleinste lidland in terme van sy ekonomie, bevolking, ens.

Politieke ontleder Theo Venter meen die uitbreiding van die BRICS-groepering gaan baie hoog op die agenda wees.

Meer as 40 staatshoofde, tientalle regeringsverteenwoordigers, sowel as nasionale en internasionale afgevaardigdes woon die beraad vandeesweek in Johannesburg by.

Beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se verskillende afdelings en veiligheidsorganisasies maak die veiligheidsmag uit.

“Die moontlike insluiting van omstrede lande soos Iran sal beslis internasionale en politieke gevolge hê. Die rol wat Rusland binne die groepering speel, is tans omstrede, vanweë die voortslepende konflik in die Oekraïne,” sê Venter.

“ ’n Mens moet al hierdie goed saam binne konteks sien, maar vir Suid-Afrika is die grootste belang [by die beraad] die individuele lande met wie ons verbintesisse het en met wie ons verdere verbintenisse op regering-tot-regeringsvlak wil smee, soos Xi Jinping van China,” sê Venter.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.