On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

South Africa

Naweek-beurtkrag: Eskom implementeer fase 1 & 2

───   09:41 Sat, 07 Oct 2023

Naweek-beurtkrag: Eskom implementeer fase 1 & 2 | News Article
Eskom maak planne vir naweek-beurtkrag bekend. Foto: Unsplash/Matthew Henry

"Beurtkrag sal Sondag van 05:00 tot 16:00 opgeskort word. Fase 1-beurtkrag sal dan van 16:00 tot Maandag 05:00 hervat word."

Eskom sal dié naweek fases 1- en 2-beurtkrag toepas.

Die kragvoorsiener het Vrydag in 'n kort verklaring gesê die wisselende fases beurtkrag is weens 'n verdere aanvulling van opgaardamme, van waar water gepomp kan word.

Fase 2-beurtkrag sal tot 05:00 Saterdagoggend voortduur.

"Daarna sal fase 1-beurtkrag van 05:00 Saterdag tot 05:00 Sondag toegepas word," het Daphne Mokoena, Eskom-woordvoerder, gesê.

"Beurtkrag sal Sondag van 05:00 tot 16:00 opgeskort word. Fase 1-beurtkrag sal dan van 16:00 tot Maandag 05:00 hervat word."

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.