South Africa
‘Gevangenes mag skootrekenaars in hul sel gebruik’ – Appèlhof─── 13:03 Thu, 09 Nov 2023

“Intussen het die Appèlhof beveel dat sekere gevangenes, op vasgestelde voorwaardes, toegang tot hul persoonlike rekenaar in hul sel toegelaat moet word om kursusse te volg.”
Die Appèlhof het beslis gevangenes kan persoonlike rekenaars in hul sel hê vir studiedoeleindes. Die Departement van Korrektiewe Dienste se vorige beleid het die gebruik van rekenaars óf verbied óf beperk vir gevangenes wat geregistreerde studente is.
Die Appèlhof het Woensdag in ’n verklaring die uitspraak ten gunste van Malenhle Ntuli bevestig. Ntuli dien 20 jaar tronkstraf uit in die Johannesburg-gevangenis. Hy het geappelleer teen ’n vorige uitspraak van die Hooggeregshof in Johannesburg oor die regte van gevangenes om hul onderrig te verbeter en was ingeskryf vir ’n rekenaarkursus.
Media Summary:
— Supreme Court of Appeal ZA (@SCA_ZA) November 8, 2023
Minister of Justice and Constitutional Development and Others v Ntuli (539/2022 and 440/2022) [2023] ZASCA 146 (8 NOVEMBER 2023)
Today, the Supreme Court of Appeal (SCA) dismissed, in part, an appeal from the Gauteng Division of the High Court, Johannesburg. pic.twitter.com/qQvw55gvWP
Sy versoek is van die hand gewys omdat dit strydig is met die departement se beleid. Ntuli het dit in die hooggeregshof betwis.
“Die appèlhof het die beleid en sy doelwit ondersoek en beslis dat die beleid ’n gevangene toelaat om ’n persoonlike rekenaar vir studie te gebruik. Dit is egter beperk tot ’n sekere plek en spesifieke tye.
“Die appèlhof het die algemene uitsluiting wat in die beleid uiteengesit is, asook die regverdigings wat deur die appellante aangebied is, ondersoek. Die appèlhof was egter van mening dat hierdie regverdigings onvoldoende was om die beperking van Ntuli se fundamentele regte te regverdig.”
Die departement is gelas om die beleid in oorleg met die Inspektoraat vir Korrektiewe Dienste te hersien. “Intussen het die Appèlhof beveel dat gevangenes, op vasgestelde voorwaardes, toegang tot hul persoonlike rekenaars in hul sel toegelaat moet word om kursusse te volg.”
OFM Nuus Corné/Morné