South Africa
Julie-onluste: Cele verwelkom eerste skuldigbevinding─── 15:02 Thu, 30 Nov 2023

“Ek hoop meer opstokers sal gevonnis word.”
Bheki Cele, minister van polisie, het die vonnisoplegging van een van die aanhitsers van die onluste in Julie 2021 verwelkom.
Mdumiseni Zuma is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg tot 12 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan twee jaar opgeskort is. Hy is in September skuldig bevind op aanklagte van openbare geweld en aanhitsing om brandstigting te pleeg.
Die aanklagte word verbind met die wydverspreide plundery en vernietiging wat tydens die onrus by die Brookside-winkelsentrum in Pietermaritzburg plaasgevind het. Cele sê hy hoop meer opstokers sal gevonnis word.
Dit is die eerste persoon wat glo verantwoordelik was vir die aanhitsing van die Julie 2021-onluste in KwaZulu-Natal, wat die NVG suksesvol skuldig bevind het.
Natasha Ramkisson-Kara, NVG-woordvoerder, sê Zuma het ’n opruiende video gemaak oor die Brookside-winkelsentrum, wat hy op WhatsApp gedeel het. Sy sê in dié tyd is die winkelsentrum geplunder en afgebrand.
Die Julie-onluste, wat internasionaal opslae gemaak het, het gelei tot die dood van meer as 350 mense met duisende wat in hegtenis geneem is en miljoene se bates wat vernietig is.
Ramkisson-Kara sê tydens Zuma se verhoor is getuienis gelei van videomateriaal, klankgrepe en getuienis van ’n veiligheidswag wat by die winkelsentrum gewerk het.
#DURBAN
— Kennedy Wandera (@KennedyWandera_) July 15, 2021
Shopping Mall workers in Tugela, KwaZulu-Natal— a South African town hit by the ongoing riots foiled looters by pouring cooking oil on the floor outside the entrance to their store: @BBCAfrica
Looting has been widespread in KwaZulu-Natal.
pic.twitter.com/nCwsx0UjBw
Sy sê die winkelsentrumbestuurder het ook getuig dat die geraamde skade wat deur die plundery en brand aangerig is, ongeveer R500 miljoen beloop.
Hy het ook getuig sowat 5 000 mense kon nie toegang tot hul Sassa-toelaes kry nie.
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) het gesê byna R120 miljoen se fisieke kontant is tydens die onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng uit kitsbanke en banktakke gesteel.
Die geld is uit minstens 1 227 kitsbanke en nog 310 banktakke gesteel wat gedurende die agt opeenvolgende dae van plundering in die twee provinsies gevandaliseer of vernietig is.
Hierdie syfer sluit 256 masjiene in en 36 wat fisiek van hul perseel gesteel is, om nooit weer gesien te word nie.
Boonop is 82 kluise in die tak ook oopgebreek, en die bedrag harde kontant wat gesteel is, sluit alle verdere infrastruktuurskade en vervangingskoste uit.
Woolies-plunderaar
Njabulo Ncube is in September 2022 tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat hy kruideniersware van 'n winkel in Umbilo ter waarde van R27 000 gesteel het.
Intussen het die sogenaamde Woolies-plunderaar in Julie vanjaar tronkstraf vermy nadat hy skuld beken het.
‘Mercedes Benz looter’ Mbuso Moloi has pleaded GUILTY to looting a Woolworths store during the KwaZulu-Natal riots in July 2021. pic.twitter.com/leT0KU9cIe
— The Instigator (@Am_Blujay) March 29, 2023
Hy is eerder tot drie jaar tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is in die Durbanse streekhof.
Mbuso Moloi is steeds onder korrektiewe toesig en moet 16 uur gemeenskapsdiens per maand doen.