On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

Oudskoonheidskoningin neem haar eie lewe

───   11:32 Fri, 12 Apr 2024

Oudskoonheidskoningin neem haar eie lewe  | News Article
Sasha-Lee Walton, en saam met haar ma, Lynn (inlas). Foto’s: Instagram

“Mag jy nou vrede vind, saam met jou ma en al die engele in die hemel, vry van skaamte en pyn.”

Die voormalige skoonheidskoningin Sasha-Lee Walton (54) is vroeër vandeesweek oorlede. Luidens berigte het sy haar eie lewe geneem. 

Walton, wat in 1991 as tweede prinses in die Mej. SA-kompetisie gekroon is, was voorheen getroud met die Springbokrugbyspeler James Dalton, by wie sy ’n seun, Daniel (14), het. Sy was ook getroud met Lance Sherrel, ook ’n oud-Springbok, berig The Citizen.

Walton was die Mej. SA- tweede prinses in die jaar waarin Amy Kleinhans eerste prinses was en Diana Tilden-Davis die skoonheidskroon gedra het.

Sasha-Lee Walton (links) saam met Diana Tilden-Davis (middel) en Amy Kleinhans (regs) tydens die Mej. SA-kroning in 1991. Foto: Facebook

Dalton het op Instagram oor sy verlies geskryf: “Tot siens, Sasha. Ek skryf hierdie boodskap met soveel hartseer. Dankie vir my seun. Ek is jou ewig dankbaar. Ek sal jou altyd liefhê en in my hart hou. Mag jy nou vrede vind, saam met jou ma en al die engele in die hemel, vry van skaamte en pyn.”

Sasha-Lee Walton. Foto: Facebook

Walton het haar ma, Lynn, in 2017 aan die dood afgestaan. In Desember 2017 skryf sy op Instagram: “Ek mis jou so baie. Mammie, dit is so seer.”


Huldeblyke het op sosiale media ingestroom ná die nuus van haar dood. “Die wêreld het jou glorie geken, maar nie jou storie nie. Jy is nou veilig, in die arms van die engele en jou geliefde ma, Lynn.”

“Dankie vir jou vriendelikheid, en dat jy altyd besorgd was oor my,” skryf Alma van Zyl op Facebook.

“Mag haar kosbare siel in vrede rus vir altyd. Mag jou lig vir altyd skyn, my suster. Ons sal jou nooit vergeet nie, Sashie,” skryf Barry Theunissen.

OFM Nuus/Christine van der Westhuizen cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.