South Africa
Sowat 50 mense aangekeer vir verkiesingsmisdade – Cele─── 15:37 Fri, 31 May 2024
“Wetstoepassers sal ontplooi bly tot ná die verkiesingsuitslae bekend gemaak is.”
Meer as 50 mense is in hegtenis geneem vir verskeie verkiesingsoortredings.
Bheki Cele, minister van Polisie, het Vrydag (31/5) aan die media in die OVK se Nasionale Uitslagsentrum in Midrand gesê die inhegtenisnemings was vir uiteenlopende misdade, soos aanranding, oortreding van die Kieswet, intimidasie en diefstal.
Police Minster Bheki Cele gives an update on ongoing security concerns. #ElectionsOnKaya pic.twitter.com/1pHRKXIqyu
— Kaya News (@KayaNews) May 31, 2024
“Ons intelligensiestrukture het ons gehelp om die gebiede te wys wat problematies kan wees. Uit die 23 000 stemlokale het ons sowat 622 van hulle gehad wat ons geweet het lastig sou wees.
“Ons het ’n paar probleme gehad wat voor die verkiesing opgevlam het, maar wetstoepassers het dit vinnig hanteer.”
Cele het gesê die 50 verdagtes is oor ’n tydperk van drie dae in hegtenis geneem.
Intussen sal wetstoepassers ontplooi bly tot ná die verkiesingsuitslag bekend gemaak is.
OFM Nuus mvh
