South Africa
Nasionale Vergadering gaan Vrydag president verkies─── 06:31 Tue, 11 Jun 2024

“Die parlement het Suid-Afrika verseker dat die eerste sitting ná die verkiesing sal voortgaan ondanks besware deur die MK-party.”
Hoofregter Raymond Zondo het bevestig die eerste sitting van die Nasionale Vergadering sal Vrydag (14/6) plaasvind.
Volgens die Grondwet moet die eerste sitting plaasvind op ’n tyd en datum wat deur die hoofregter bepaal word, maar nie meer as 14 dae nadat die verkiesingsuitslag bekend gemaak is nie.
Tydens die eerste sitting sal Zondo die beëdiging van nuwe lede van die Nasionale Vergadering behartig, gevolg deur die verkiesing van die speaker, wat op sy of haar beurt die verkiesing van die adjunkspeaker moet lei.
?????? ?????? ?????????
— Parliament of RSA (@ParliamentofRSA) June 10, 2024
The process to elect the President is conducted by the Chief Justice of the Republic. After election as President that person ceases to be a Member of the National Assembly #30YearsofDemocraticParliament #30YeasofDemocracy pic.twitter.com/UKOlpNl9oI
Intussen het die parlement die vlugte en verblyf van 58 MKP-lede gekanselleer wat die eerste sitting van die Nasionale Vergadering boikot.
Oudpres. Jacob Zuma se party het gesê hulle sal ’n hofappèl indien om te verhoed dat die nuwe parlement byeenkom.
Die besluit is geneem nadat die MK-party aangedui het dat sy lede nie die eerste sitting ná die verkiesing sal bywoon nie, sê Moloto Mothapo, prlementêre woordvoerder.
BREAKING NEWS:
— uMkhonto WeSizwe Party (@MkhontoweSizwex) June 9, 2024
MK party intends interdicting the convening of the unconstitutional sitting of inaugural session of the National Assembly. All votes must be counted. pic.twitter.com/aFp37xXhC0
Die nuwe party wil hê die opening van die parlement moet uitgestel word totdat sy griewe teen die verkiesingsuitslag opgelos is.
Mothapo sê aangesien al die MK-lede nie vir die eerste sitting gaan reis nie, is daar besluit om hul vlugte en verblyf te kanselleer. Die parlement het Suid-Afrika verseker dat die eerste sitting ná die verkiesing sal voortgaan ondanks besware deur die MK-party.
OFM Nuus cg