On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Yolanda
Show Background
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Polisie wil veiligheid verskerp by Madlanga-kommissie in Pretoria

───   08:37 Sun, 07 Dec 2025

Polisie wil veiligheid verskerp by Madlanga-kommissie in Pretoria | News Article
Die Madlanga-kommissie van ondersoek. Foto: Facebook

Die polisie gaan veiligheidsmaatreëls verbeter by die Madlanga-kommissie van ondersoek se sittings in Pretoria, luidens ’n verklaring wat deur die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur (Natjoints) en die kommissie uitgereik is

Natjoints en die kommissie, asook lede van die polisie, weermag en die Staatsveiligheidsagentskap het Saterdag (6/12) vergader om die veiligheid van fluitjieblasers en getuies te bespreek.

Marius van der Merwe is Vrydagaand (5/12) by sy huis in Brakpan aan die Oos-Rand doodgeskiet. Hy het in camera by die kommissie getuig as Getuie D. Sy vrou en kinders was ook in die motor en is ongedeerd. 

Amptenare van die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling was ook deel van die vergadering. 

In die verklaring word genoem uitgebreide veiligheidsmaatreëls is reeds sedert die begin van die kommissie ingestel, maar daar bestaan ’n behoefte om nog strenger maatreëls te tref.

“Die publiek word versoek om nie te spekuleer terwyl die ondersoek na die moord op Van Der Merwe voortduur nie,” lui die verklaring.

Verlede jaar is Armand Swart (30), ’n pa van twee, in ’n spervuur van 23 koeëls doodgeskiet. Luidens berigte is die moord gereël om Swart stil te maak nadat hy bedrieglike aktiwiteite wat verband hou met ’n Transnet-tenderooreenkoms, blootgelê het. 

“Drie individue, een van hulle ’n polisiespeurder, is op dieselfde dag as die moord in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op verskeie selfone, ’n voertuig en gebruikte patrone wat vermoedelik van ’n AK-47 en ’n 9 mm-vuurwapen afkomstig is,” sê Mukhathi

Die verdagtes – ao. Michael Pule Tau (54), Musa Kekana (36), en Tlego Floyd Mabusela (56) – is op 8 Mei in Vereeniging se landdroshof borgtog geweier. Molefe se oom, Katiso (K) Molefe is in Desember in hegtenis geneem. 

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus dg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.