South Africa
Konstitusionele Hof behou bepalings oor welstand vir wilde diere─── 13:38 Fri, 09 Oct 2026
Besluite oor die bestuur, bewaring en gebruik van wilde diere in Suid-Afrika sal steeds hul welstand moet verreken, nadat die Konstitusionele Hof ’n uitdaging teen dié bepalings verwerp het.
Die hof het Donderdag (8/10) ’n aansoek van die Suid-Afrikaanse Jagters-en-wildbewaringsvereniging van die hand gewys om die welstandsbepalings in die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit tersyde te stel. Die Nasionale Raad van DBVs en die EMS Foundation het die aansoek teengestaan.
Die hof het eenparig bevind dat SA Jagters onredelik lank gewag het om sy uitdaging te bring en dat die belang van geregtigheid nie regverdig dat dié vertraging oor die hoof gesien word nie. Die bestaande bepalings bly dus van krag en SA Jagters moet die teenpartye se koste betaal.
Die uitspraak beteken die welstand van wilde diere moet steeds in ag geneem word wanneer besluite geneem word oor hoe hulle bestuur, bewaar en gebruik word. Die wet omskryf welstand breedweg as omstandighede wat ’n dier se fisieke, fisiologiese en geestelike gesondheid en lewensgehalte bevorder.
Bestaande bepalings in die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit bly van krag, Foto ter illustrasie
SA Jagters het aangevoer dat die publiek weer geraadpleeg moes word nadat die omskrywing van welstand tydens die wetgewende proses verander is. Die hof het egter daarop gewys dat die vereniging aan konsultasie deelgeneem en reeds in 2022 oor die omskrywing kommentaar gelewer het, maar eers in Julie 2024 hof toe gegaan het.
Die hof het ook in aggeneem dat die welstandsbepalings sedert 2023 reeds beleids- en reguleringswerk beïnvloed. Om dit nou tersyde te stel, kon bestaande werk ontwrig. Die hof het boonop gemeen die vooruitsigte op sukses met die inhoudelike uitdaging was twyfelagtig.
Die NDBV is aanvanklik nie by die aansoek betrek nie, ondanks sy statutêre belang in die saak. Die organisasie het in Desember 2024 ’n dringende interdik bekom nadat hy verneem het ’n skikking word sonder sy deelname oorweeg.

Die NDBV sê die uitspraakskep nou groter sekerheid vir toekomstige beleids- en bestuursbesluite oorwilde diere. Die organisasie wil sien dat die beginsel van dierewelstandkonsekwent toegepas word wanneer die staat, wildbedryf en ander rolspelers oordie gebruik en bestuur van wilde diere besluit.
Esté Kotzé, uitvoerendehoof van die NDBV, sê wilde diere ervaar pyn, vrees en nood en die reg vereisdat dit in besluite oor hul lewens verreken word. Volgens haar het die hof diébeginsel nou ongeskonde gelaat.
Die volgende uitdaging salwees om die beginsel eenvormig in beleid en praktyk toe te pas. Kotzé sê dieorganisasie wil saam met die regering en sektore wat bereid is om deel te neem,werk om seker te maak dat dierewelstand nie bloot in wetgewing bestaan nie,maar ook in toekomstige besluitneming weerspieël word.
OFM Nuus sm
• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.
