On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

The Good Morning Breakfast

Chappies Potgieter: "Eerste parapleeg om deel te neem aan Ysbeer-swem"

───   09:16 Tue, 28 Jun 2022

Chappies Potgieter: "Eerste parapleeg om deel te neem aan Ysbeer-swem" | News Article
Chappies Potgieter van Welkom by die Ysbeer-swem.

Chappies Potgieter, 'n parapleeg van Welkom, laat niks hom keer of in sy pad staan nie - nie eers yskoue water nie!

Jaar na jaar durf swemmers die ysige water van Aldam aan in die bekende Ysbeer-swem om fondse vir liefdadigheid in te samel, en alhoewel swemmers in hulle hordes opdaag vir die geleentheid, was Chappies Potgieter die eerste parapleeg om deel te neem.

Chappies Potgieter werk vir Welkom se Brandweer. Sestien jaar terug is hy geskiet in 'n rooftog en is sedertdien verlam van die bors af ondertoe.

"Ek daag ander uit om dit ook te doen - jy sal verbaas wees waartoe jy in staat is," volgens Chappies. Chappies het bewys dat dit nie saak maak wat in jou pad staan of waar jy jouself bevind nie, enigiets is moontlik.

Luister na die volle onderhoud hier:




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.