The Good Morning Breakfast
Franja du Plessis oor Springbokke teen Wallis─── 12:24 Wed, 06 Jul 2022
Franja du Plessis het met die Good Morning Breakfast gesels oor die komende naweek se wedstryd tussen die Springbokke en Wallis by die Toyota Stadium.
Met talle kunstenaars wat optree by die wedstryd tussen die Springbokke en Wallis, het die Good Morning Breakfast span bietje met Franja du Plessis opgevang.
Franja sê sy is opgewonde om weer lewendig rugby te kyk en haar land te ondersteun.
Lees ook: Caroline Grace sing volkslied by SA-Wallis kragmeting
Volgens haar sou sy as losskakel of senter speel as sy in hierdie Springbokspan gespeel het.
Luister na die volledige onderhoud hier:
