On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

The Good Morning Breakfast

Freddie Nel: Van kragopteller en sterkman na Protea vêrgooier

───   16:00 Tue, 12 Jul 2022

Freddie Nel: Van kragopteller en sterkman na Protea vêrgooier | News Article

Die voormalige kragopteller en langafstand-vêrgooier Freddie Nel het aan die Good Morning Breakfast span verduidelik hoe die sport van vêrgooi werk en hoe hy betrokke geraak het.

Freddie Nel het by die Good Morning Breakfast 'n draai gemaak en vir die span vertel hoe hy betrokke geraak het by vêrgooi.

Freddie vertel dat na hy ‘n pad gestap het as kragopteller en sterkman het hy talle beserings opgedoen en omdat hy ‘n baie aktiewe mens is, het hy besluit om iets anders aan te pak. Nel het besluit om by sy plaaslike dam te gaan visvang waar hy genader was deur Protea vêrgooier, Stephan Putter wat sy talent vir vêrgooi gesien het en hom genooi het om by hulle aan te sluit.

 

Freddie Nel is onder die top tien vêrgooiers in die wêreld en is deel van die Proteaspan wat in November in Paraguay aan die wêreldkampioenskapsbyeenkoms gaan deelneem.

Lees ook: Chappies Potgieter: "Eerste parapleeg om deel te neem aan Ysbeer-swem"

Nel spog met ‘n provinsiale record, asook twee Suid-Afrikaanse rekords. Die vêrste afstand wat Freddie al gegooi het is 272,97m met ‘n 100g gewig.


Luister na die volle onderhoud hier:

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.