On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Olebogeng
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with James
Listen Live Streams

The Vine

Boerewors-sosaties

───   02:21 Mon, 06 Jan 2014

Boerewors-sosaties | News Article
Suid-Afrika se gunsteling-wors maak uitmuntende sosaties – en dis ‘n welkome variasie op die manier wat ons boerewors gewoonlik berei.

Gasbraai
Ketelbraai direk
Vuur van hout of houtskool

Lewer 12

750 g boerewors van die beste gehalte
12 houtsosatiestokkies, in water geweek vir 30 minute
1 groot rooi-ui, in wiggies gesny
12 kersietamaties
1 rooi, groen of geel soetrissie, ontpit en in groterige stukke gesny
olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:
1. Gebruik ‘n skerp mes en sny die boerewors in stukke van 3 – 4 cm lank. Sit ‘n uiwiggie, ‘n stuk boerewors, tamatie, nog ‘n stuk boerewors en ‘n stuk soetrissie op elke sosatiestokkie.
2. Plaas in ‘n bakpan en smeer olyfollie oor die sosaties. Geur deeglik met sout en peper net voordat jy dit op die rooster sit.
3. Braai vir 7 – 10 minute aan ‘n kant.

Resep oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai
 
 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.