The Vine
GESTOLDE KOMKOMMER SLAAI─── 01:56 Mon, 20 Jan 2014

2 pakkies groen jellie (suurlemoenjellie), aangemaak met 250 ml kookwater
1 engelse komkommer
500 ml grenadellajoghurt
Maak die pakkie suurlemoenjellie aan met die kookwater.
Laat dit afkoel - dit moet amper gestol wees.
Skil en rasper intussen die komkommer.
Dreineer.
Plaas die gerasperde komkommer in 'n sif bo oor 'n bak en laat die vloeistof uitloop.
As jy haastig is kan jy ook 'n kleinbordjie of piering bo op sit afhangende van die groote van jou sif en gewig daarop plaas sodat die vloeistof vinniger kan uitpers.
Wanneer die jellie amper gestol is, klits die joghurt daarby in.
Meng die komkommer deeglik met die jelliemengsel en gooi in 'n voorbereide jellievorm.
Laat in die yskas om te stol.

Keer net voor opdiening uit en bedien dadelik.