World News
3 Suid-Afrikaners getuig in Dewani-uitleweringsaak─── 08:57 Tue, 03 May 2011

Die wittebrood-moordverdagte, Shrien Dewani, se uitleweringsverhoor begin vandag in die Belmarsh Landdroshof in die suide van Londen. Nuus24 berig dat 'n Suid-Afrikaanse regter, Deon van Zyl van Kaapstad, een van die eerste getuies gaan wees wat deur Dewani se regsverteenwoordiger opgeroep gaan word. Hy sal, volgens berigte, in sy hoedanigheid as inspekterende regter van tronke getuig. Die getuienis sal moontlik verband hou met 'n verslag wat hy geskryf het oor die toestande in Suid-Afrikaanse tronke. Die bestuurder van die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening se strafregprojek, Amanda Dissel, en 'n deskundige op die gebied van forensiese psigiatrie, Larissa Panieri-Peter, sal ook na verwagting die getuiebank betree. Dewani word daarvan verdink dat hy sy vrou, Anni, verlede jaar tydens hulle wittebrood in Kaapstad laat vermoor het.
Nuus24