World News
Planeet van soliede diamant ontdek─── 09:15 Fri, 26 Aug 2011

Sydney - Wetenskaplikes het aangekondig dat hulle ‘n planeet in die Melkweg ontdek het wat lyk asof dit ‘n soliede diamant mag wees. Die planeet is egter 4 000 ligjare ver, so is vir nou buite ons bereik. Dié planeet is glo nie net die digste planeet wat nog ooit ontdek is nie, maar bestaan uit koolstof en gekristalliseerde suurstof. ‘n Diamant is koolstof op sy digste, wat kenners laat dink dié planeet is een groot diamant.
Sapa