On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

World News

Brief aan Obama het ricin bevat

───   06:23 Thu, 18 Apr 2013

Brief aan Obama het ricin bevat | News Article
Washington, DC - 'n Brief wat aan president Barack Obama geadresseer is en 'n "verdagte middel" bevat is by die Withuis se pos-fasiliteit onderskep. 'n Woordvoerder vir Amerika se geheime diens het gister gesê die brief het positief getoets vir die hoogs giftige middel risin en is deur dieselfde mens gestuur wat vroeër 'n brief aan 'n senator gestuur het. Volgens NBC News het dié brief ook positief getoets vir risin. Risin word van die kasterolieboon verkry en kan binne 36 ure doodmaak. 'n Woordvoerder van die FBI het gesê die agentskap is nie oortuig dat die briewe verband hou met Maandag se ontploffings in Boston waarin drie mense dood is nie.

BBC

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.