World News
Tweejarige skiet ma in Wallmart-winkel dood─── 08:45 Thu, 01 Jan 2015

CBS News berig dat die ma saam met haar seuntjie en drie ander kinders inkopies gedoen het toe die voorval plaasgevind het. Die seuntjie het glo in 'n trollie gesit toe hy sy hand in sy ma se handsak gedruk en per ongeluk 'n handwapen laat afvuur het.
CBS News het die ma geïdentifiseer as die 29-jarige Veronica Rutledge.
Haar man was nie in die winkel ten tyde van die voorval nie. Hy het egter kort na die voorval by die winkel opgedaag en die kinders is na 'n familielid se huis geneem.
Rutledge het 'n lisensie gehad vir die vuurwapen.
Die winkel is na die voorval gesluit.
'n Woordvoerder van Wallmart het die skietery as 'n “baie hartseer en tragiese ongeluk” beskryf. Die voorval kom sowat 'n maand nadat 'n 26-jarige ma deur haar driejarige seuntjie doodgeskiet is in Oklahoma, Amerika.
Maroela Media