On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Yellow Door

Sy soen. Ma'Gerine, 'n nuwe seisoen.

───   C'MOR 11:13 Fri, 05 Oct 2012

Sy soen. Ma'Gerine, 'n nuwe seisoen. | News Article
 

‘n Facebook-gesprek tussen Ma’Gerine & An.

Ma’Gerine vind rus deur te skryf. Sy verstaan hoe om te lewe, maar nie hoekom sy nie dood is nie. Sy beweeg gemaklik in kubergange. Sy het nie trane nie.

An ontsnap deur te skryf. Sy lewe in droë en nat oë van fiktiewe karakters & vriende wat sy in kuberkamers ontmoet. Haar trane loop na binne.

Ma’Gerine

Wow.
Wow.
WOW.
Ek kan nie glo ek het jou nou eers ontdek nie! Thanks for accepting my friend request last night. Ek het jou stuff (ALLES) gelees. What a feast! Jy is so vars en sappig en vol. Ek lovit. Jy dink oor so 'n wye spektrum van goed. Ek wens jy was een van my professors toe ek op varsity was. My brein is honger vir enige en alle info.
Het jy insomnia, bly jy oorsee of is jy maar net 'n early bird? Want ek sien jy het 4vm op my muur gecomment.

An

Dankie vir die invite, Ma’Gerine. Dankie ook vir al die komplimente. Ek slaap maar min. Ek kry nie tyd om te slaap nie. Ek sien jy skryf ook. Jy’t ‘n unieke stem. As ek jou muur lees, hoor ek jou stem en jou borrellag hier langs my. Dit lyk of jy besig is om ‘n boek te skryf? Ek is ook mal oor jou mooi krulle.

Ma’Gerine

Ek het my hare Maandag gesny! Eeeep! Net so gelyk met my ore, maar hulle krul op en lyk soos klomp vishoekies. Ja, ek is besig om ‘n boek te skryf. Maar ek lees eintlik meer as wat ek skryf.

Toe ek aan my editor beskryf dat my mind soos ‘n skoenlapper rondfladder en nêrens lank vertoef nie, het sy ‘The Diving Bell and the Butterfly’ vir my gekoop en gepos. Het jy dit gelees?

Dit het my net weer laat besef dat die human spirit resilient en relentless kan wees. Dat wanneer mens in jou lyf vasgevang is, jou mind vlerke kan kry. Ander tipe vlerke as blote kreatiwiteit.

Die vlerke neem jou na plekke van self-ondersoek. Maar nie net “ek laaik dit, maar ek verpes dat” nie, dit laat jou so diep diep grou en ontdek en define…wel, myne doen.

Dit het my laat besluit wat regtig belangrik is vir my. Ek dink oor my likes, dislikes, loves, hates. Ek leer myself van voor-af ken. Meeste van die tyd wonder ek egter oor die lewe, die universe, mense.

Of goed soos wie het op die ingredients van tandepasta en bakstene besluit? En hoe het dit regoor die wêreld versprei?

An

Ja, ek het ‘The Diving Bell and the Butterfly’ hier in my boekrak. Wat ‘n verskriklike storie! Om vroeg in sy veertigs ‘n beroerte te kry en al wat hy daarna kan doen is om sy linker-oog te knip. Ek voel sommer nou nog stukke uit my skeur in empatie met sy lovers. Kan mens regtig soveel mense liefhê? Hoe beskerm mens jouself teen liefde? Daai vrouens het almal so lief geraak vir hom. Hoe kry jy die grof van boombas, van ‘n man se baard, uit jou gestel gewas? Waar moet mens druk om jouself te reset?

Ma’Gerine

Die liefde. Wat 'n conundrum! What makes you gravitate towards a certain pair of lips? Or hands? Wat maak jou lief vir iemand? How they treat you, natuurlik, and themselves as well as others. So I get that you can LEARN to love somebody.

Maar daai thrill wanneer jou oë kontak maak met iemand anders s’n and you just KNOW. Lugbabbels styg in jou maag op en *pop*pop*pop*! Ek dink die universe conspire meer as wat ons dit credit gee. En ek begin stadig maar seker besef life and love kan nie in 'n boks geprop word nie. Magic exists. Magic happens.

Hoekom wil jy jouself teen dit beskerm? Dit leer mens dan so baie! Om braaf te wees. Om te huil totdat jy leeg voel
(nie dat ek kan huil nie, ek wens ek kon). Om te besef ‘n soen is the most sensual thing. Ever. Om jouself op te tel wanneer dit voel asof ‘n granaat in jou hart ontplof en alles binne jou aan flarde geblaas word. Electrifying highs and shattering lows.

Die lewe en die hart kan nie beheer word nie, An. Jy kan nie CTRL ALT DELETE druk om dinge uit te vee nie. Daar is nie pille daarvoor nie. Daar’s niks wat jou hart kan protect van die wrede aftershock wat die liefde kan hê nie. Die emosies en memories maak jou net soveel ryper. Soveel ryker. So much more human. Anders is jy nie veel beter af as ‘n Barbiepop nie. Nice to look at, maar empty on the inside. Heartless.

Persoonlik wil ek nie daai boombas gevoel van ‘n man se stubble vergeet nie. Die lekker reuk van sy aftershave. Sandalwood. Epic.

An

“‘n Soen, the most sensual thing. Ever.” Jy laat my glimlag. Een soen staan vir my uit bo alle ander soene in my lewe.

Dit was asof ek van die lente, regdeur die somer tot in die herfs in gesoen was. Sy tong en lippe het soos sagte lentekleure en subtiele geure besit geneem van my tot ek hom in elke senuweepunt in en op my kon voel. Daar was selfs duidelike tekens van lentereën in my onderklere.

Die res van my lyf het begin saamspeel en die hitte van ‘n somer het dun straaltjies tussen my borste, agter in my nek en teen my blaaie laat afloop. Herfsblare in speserygeure en -kleure het in my kop en maag rondgewaai, gekramp, soos inmekaargekrulde gedroogde blare, gespin - lank nadat hy sy kop weggedraai het.

Al wat ek oorgehad het, was die nat van sy lippe teen my vingers toe ek vir oulaas met twee vingers diep in sy mond, oor sy tong, oor sy lippe na sy borskas en weer agter sy kop in geloop het. Al wat oor was, was die nat. Die nat soos die nat diep onder ‘n hoop herfsblare.

Ma’Gerine

Fok. Vir. My. Maar jy kan skryf. Dit laat my ook dink aan ‘n stukkie wat Julian Barnes, wenner van die 2011 Man Booker Prize, geskryf het:

"When you're young, you prefer the vulgar months, the fullness of the seasons. As you grow older, you learn to like the in-between times, the months that can't make up their minds. Perhaps it's a way of admitting that things can't ever bear the same certainty again.

Vulgar months. Dit klink vir my so mooi. So vol en morsig. Nes jou seisoene-soen. Dit laat my dink aan 'n sappige mango wat jy in jou mond prop, wat jou hande geel-oranje vlek terwyl die sous morsig teen jou arms afloop.

Dit laat my ook dink aan tye wat mens net gretig wil opgobble while hoping they’ll last. But they never do. Dis die in-between times wat mens timmer en beitel, wat jou dwing om te besluit waarvan jy hou en wat jy wil doen en wat jy moet doen. Dis die maande wat nie hulle mind op maak nie, wat jou dwing om jou mind in 5de rat te gooi en te besluit…Wel, dis hoe ek dit interpret anyway.

Ek het Xerostifilmie of dry eyes syndrome. Not nice. Wanting to cry, but not being able to. Nie dat ek hartseer is of enig iets nie. Dis bloot 'n geval van wanting what I cannot have. Skielik begeer ek met alles in my om net weer te kan huil. Sulke rou snikke wat deur my lyf ruk dat die snot spat en sommer so teen my bo-lip afbiggel. Klink gross. Is probably. But the heart wants what the heart wants. Peculiar as it might be.

En die sout smaak! Oeg, dis een van die dinge wat ek die meeste mis. Die souterige smaak van my eie trane. Dis weird, huh? Die peculiar stuff wat mens mis. Goed wat meeste mense seker vir granted vat…

An

Sjoe, dis verskriklik! Dis die eerste keer wat ek daarvan hoor. Xerostifilmie. Hoewel ek moet erken, my trane rol almal binnetoe. Ek wonder altyd waar dit poel. Ek wil nou eers gaan google en meer lees oor Xerostifilmie. Moet ook weer aan die skryf kom. Ek chat weer later met jou. Dan moet jy vir my meer vertel van die boek wat jy nou skryf.
Dankie vir die gesels! Lekker dag verder.

Tatta, Ma’Gerine.

Ma’Gerine

“Kiss me and you will see how important I am.” ~ Sylvia Plath



An

...

No part of this blog is allowed to be copied without written permission from C'Mor.
You can follow and contact her on facebook: https://www.facebook.com/lookdeepercmor

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.