Yellow Door
Die einde is klaar verby─── WILLEMIEN MARAIS 23:23 Tue, 25 Jun 2013
Moenie planne maak vir die zombie apocalypse nie. Willemien Marais reken dis te laat. As jy hou van eet, slaap en trashy TV het jy dit waarskynlik nie oorleef nie.
My plan vir die zombie apocalypse is om die huis oor te neem van ‘n oom wat ‘n entjie van ons in die straat af bly. Met elke Eskom apocalypse is sy huis helder verlig. Ek is seker hy het ook ‘n kelder propvol blikkieskos van so lank terug as 1994. Een happie van daardie beleë bully beef en jy gloei in die donker. (Nou dat ek daaroor dink – ‘n mens sien nooit juis die tannnie nie. Dalk is dít hoekom hulle huis so helder verlig is...)
Ek vrek oor ‘n zombie. Ek het dit nou die dag in die teenwoordigheid van ander (regte) mense gesê. Tot my stomme verbasing het amper niemand in my vreugde gedeel nie. Ek was heel uit die veld geslaan; so ook die Regte Mense. Hulle het my aangestaar asof daar fout is met my; ek het teruggestaar wetende dat hulle reg is. Maar dit maak nie dat ek minder van zombies hou nie.
Bo alle ander dinge is “zombie” so ‘n lekker woord om te sê. Die internet (vandag se weergawe van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad) het allerhande stories oor zombies se oorsprong, insluitend ‘n verwysing na ‘n nzambi uit Wes-Afrika. (Dis amper lekkerder om te sê as zombie.) Omtrent elke groepie mense op aarde het iewers ‘n weergawe van zombies in hulle volksverhale. Bondels lewende dooies wat breinloos rondstrompel en alles opvreet wat oor hulle pad kom. Basies maar jou gemiddelde Kardashian fan. Hierdie dinge is baie jare gelede meer elegant beskryf in boeke soos The revolt of the masses (Ortega, 1930) en The Crowd (Le Bon, 1896). Dit handel oor sosio-politieke vraagstukke, gebrekkige oordeelsvermoë en dom mense. I rest my case.
Diep in ons donker harte hou ons almal van zombies. Want dit maak nou nie saak hoe gesofistikeerd jy is nie, iewers in jou oerbrein was daar al vir ‘n vlietende oomblik die drang om iemand anders se kop in te slaan sonder dat dit wreed of grillerig of sonde is, maar bloot om selfbehoud en oorlewing. Selfs dapper en tot voordeel van die samelewing.
En dit alles omdat ek lank terug een nag gedroom het ek is ‘n zombie. In my droom was zombies meer Twilight-vampiere en minder grrr-arrgh-stukkies-val-af-kom-ons-eet-iemand. Ek kon vreeslik hoog spring en dit was redelik oulik en fantasties, behalwe dat my droom-zombies glad nie kon slaap nie. Soos fliek-zombies ‘n verterende vreetlus het, het my droom-zombies ‘n allesoorheersende behoefte aan slaap gehad.
Om sielkundiges wêreldwyd moeite te spaar – ek hou van eet, ek het dikwels ‘n behoefte aan slaap en ek kyk Here Comes Honey Boo Boo. ‘n Mens sou dus die afleiding kon maak dat ek fluks vorder op my weg na zombie-wording. Wat jou dan tot die gevolgtrekking sal bring dat driekwart van die mensdom reeds halfpad daar is. En wat dus beteken dat die zombie apocalypse reeds begin het. As jy tot hier kon lees en dit maak steeds sin, is jy nog ‘n Regte Mens. Vlug vir jou lewe. Ons soek jou bloed. Ons lees net gou hierdie week se Huisgenoot klaar.
Twitter: @scout5303